Die Duitse wesies van 1948

My pa was een van die kinders

Kouevuur

In die Staatsargief in Pretoria kan mens nog deur die bladsye en bladsye verklarings en aannemingssertifikate van Aanwins 1732 gaan lees. Want hier lê die stories van 83 Duitse weeskinders wat op 8 September 1948 met die boot Winchester Castle in Kaapstad aangekom het.

Drie-en tagtig kindertjies, waarvan net ‘n handjievol ouer as 10 jaar was, op wie se skouertjies die groot taak gelê het: “om die Afrikanervolk te kom versterk met ‘n inspuiting suiwer Ariese bloed”, al het hulle dit nie geweet nie.

Hierdie kinders het geen idee gehad hoe kontroversieel hulle koms na Suid-Afrika was nie. Die organisasie wat alles gereël het, die Dietse Kinderfonds (DKF) het nie net die kinders se belange op die hart gedra nie. ‘n Belangrike oorweging vir hierdie kinderimmigrasie was ook om die Afrikaner se “ere-skuld” aan Duitsland te betaal, want die nasionaliste het nooit vergeet dat Duitsland die Boere na die…

View original post 965 more words

Leave a comment